Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Luxemburgs.

Die Luxemburgers is 'n meertalige volk inheems aan Luxemburg wat die Luxemburgse kultuur deel en van Luxemburgse afkoms is.

Die meeste etniese Luxemburgers is woonagtig in Luxemburg (300 000), 'n landjie wat in Europa tussen Duitsland, Frankryk en België geleë is en afstammelinge van Keltiese of Germaanse oorsprong is. Die meeste praat Luxemburgs as moedertaal, met Frans of Duits as tweede taal. Luxemburgs is 'n Duitse dialek. Daar is egter 'n groot verstrooiing van Luxemburgers in die hele Europa en elders. Daar is veral aansienlike getalle in België, Frankryk en Duitsland. Laasgenoemde is om geskiedkundige redes so: Luxemburg iss vroeër in drie dele verdeel, wat later by die aangrensende lande ingelyf is.

Daar is ook aansienlike bevolkingsgetalle in die Amerikas, waar die meeste in die Verenigde State woonagtig is. Daar is baie mense in Argentinië en Brasilië van 'n Luxemburgse afkoms wat, soos die Duitsers, in die negentiende eeu hierheen geëmigreer het. Andere het saam met die Duitsers gedurende die eerste fase van die Ooskolonisasie in die 12de eeu ooswaarts na Roemenië getrek. Transsilvaniese Saksers is afstammelinge van hierdie volksplanters.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Noord-Amerika Kategorie:Etniese groepe in Suid-Amerika Kategorie:Germane