Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Goedjarati's.

duimnael|links|Die woord "Goedjarati" in die Goedjarati-alfabet Goedjarati (ગુજરાતી, Gujarātī, [ɡudʒəˈɾɑːt̪i]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 60,6 miljoen mense, veral Goedjarati's, in westelike Indië, Kenia, Tanzanië en Uganda van Oos-Afrika asook Suid-Afrika gepraat word. Goedjarati is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Goedjarati word in die Goedjarati-alfabet geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie. Goedjarati is veral bekend as moedertaal van beide Muhammad Ali Jinnah (die stigter van Pakistan) en Mahatma Gandhi, die twee belangrikste Suid-Asiatiese politici in die Brits-Indië van die 20ste eeu.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Goedjarat Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Indië Kategorie:Tale van Kenia Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Tale van Tanzanië Kategorie:Tale van Uganda