duimnael|Die Waterval van 39 trappe in die Hogsback.

Die Tyhumerivier is 'n rivier in Amathole-distriksmunisipaliteit in die sentrale deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring hoog in die Hogsbackberg, 'n deel van die Amatholeberge, en vloei deur die Tyhume-vallei noordoos van die dorp Alice. Ongeveer in die middel van die Tyhume-vallei, vloei dit by in die Binfield Parkdam,Lys van damme in Suid-Afrika (en:) 'n belangrike opgaardam vir die landelike bevolking en sitrusboorde in die omgewing. Verder vloei die rivier rustig deur die buitewyke van Alice, omring deur die uitgestrekte perseel en landbouproefplaas van die Universiteit van Fort Hare.

Dit voorsien ook Middeldrif van water met 'n kanaal, die hele gebied val in Raymond Mhlaba Plaaslike Munisipaliteit. Daarna kronkel die rivier suidooswaarts deur die eskarp en sluit aan by die Keiskammarivier op pad na sy Indiese Oseaan-monding by Hamburg, Oos-Kaap.

Sien ook Lys van riviere in Afrika

Bronne T.V. Bulpin: Illustrated guide to southern Africa. Reader’s Digest Ass. South Africa, Kaapstad 1985, Robert H.W. Shepherd: Lovedale South Africa. The Story of a Century 1841–1941. Lovedale (The Lovedale Press) 1940 Geologiese kaart van Suid-Afrika 1:250 000, Vel 3226 King William’s Town 3226 King William's Town, 1:250 000, topo-kadastraal, Mowbray (Hoofdirektoraat Opnames en Kartering) 1985 3226 DD Alice, topografiese kaart 1:50 000, Mowbray (Hoofdirektoraat Opnames en Kartering) 2002 3226 DB Seymour, topografiese kaart 1:50 000, Mowbray (Hoofdirektoraat Opnames en Kartering) 2002

Verwysings

Kategorie:Riviere in Oos-Kaap