duimnael|regs|375px|Maclear is in die noordoostelike deel van die provinsie Oos-Kaap geleë. Mount Fletcher was vroeër 'n buitewyk. Die ander buitewyk, Tentkop, was sowat halfpad op pad na Rhodes geleë.

duimnael|links|295px|Maclear se eerste NG kerkgebou, afgeneem omstreeks 1916. Die Gereformeerde kerk Maclear het dit 'n tyd lank gedeel toe hulle Sondagmiddae dienste daarin gehou het.

duimnael|regs|160px|Ds. E.C. Anderssen, van 1893 tot 1896 die gemeente Umtata se eerste leraar, was Maclear se tweede leraar, van 1896 tot 1899.

duimnael|160px|3 de Ds. N.F.P. Burger, leraar van Maclear van 1925 tot 1928 en daarna van die NG gemeente Indwe van 1950, toe hy die Noordoos-Kaap verlaat en leraar van Stanford in die Overberg word.

duimnael|160px|5 de ...........Ds. Willem Carel van der Merwe de Swardt, leraar van 1933 tot 1938.

duimnael|236x236px|9 de leraar. Ds. Gerjo en mev. Helmine van der Merwe en hul kroos: (van links) Carel, Somine, Elna (agter), Carien, Gerjo Ben en Johann. Hy was leraar hier van 1961 tot '64.

Die NG gemeente Maclear is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die noordoostelike uithoek van die Sinode van Oos-Kaapland wat, hoewel dit in 1916 gestig is, een van die jongste NG gemeentes in die Noordoos-Kaap is.

Stigting Maclear was eers 'n buitewyk van die gemeente Umtata en toe van die NG gemeente Ugie (gestig op 14 Februarie 1903). Maclear het reeds in 1905 'n eie kerkie gekry danksy groot opoffering, want die mense in dié streek was destyds baie arm. In 1916 is Maclear dan ook tot 'n selfstandige gemeente afgestig met 'n ledetal van ongeveer 400. In 2012 het die belydende lidmate slegs 140 getel weens die voortdurende ontvolking van die blanke inwoners van die Noordoos-Kaap. Binne die grense van dié dogtergemeente van Ugie, wat self indertyd net 13 jaar oud was, het Tentkop, 'n buitewyk met al die voorregte van 'n selfstandige gemeente geval. Tentkop is genoem na die 1889 m bergpiek noordwes van Maclear aan die pad na Rhodes. Ook Mount Fletcher, sowat 72 km noord van Maclear en diep in wat destyds 'n swart reservaat was, was 'n buitewyk van die gemeente, waar die lidmate ook al die voorregte geniet het wat Tentkop toegesê is.

Eerste leraars Die eerste leraar wat 'n beroep teen 'n salaris van £250 na Maclear aangeneem het, was prop. W.R. de Villiers. 'n Koster en en orreliste is ook aangestel, eersgenoemde teen 'n salaris van £18 per jaar en laasgenoemde teen £15 per jaar. Die woning van ene mnr. Warren is vir 'n pastorie teen 'n bedrag van £900 aangekoop.

Op 22 Maart 1919 besluit die kerkraad om aan ds. De Villiers siekteverlof toe te staan. Hy is in Junie 1919 oorlede, nadat hy slegs 22 maande lank as predikant kon arbei. Intussen het ds. M.T.R. Smit 'n beroep na die NG gemeente Ugie aanvaar. Hy was 'n man met 'n warm hart vir arm kinders, en as konsulent het hy die kerkraad van Maclear aangespoor om 'n koshuis te laat bou. Ds. J.P. Kriel is 'n jaar later as die opvolger van ds. De Villiers op Maclear bevestig.

Die koshuis is voltooi en het in 'n groot behoefte voorsien, maar dit sou 'n oorsaak van geldelike kommernisse vir die gemeente word en later ontwikkel in 'n bittere stryd tussen die Kaaplandse Provinsiale Administrasie en die kerkraad. Die gemeente het die stryd verloor en so het die koshuis, wat met soveel opoffering uit arm beurse daargestel is, teen 'n betreklike geringe vergoeding in die hande van die Administrasie oorgegaan.

Vergroting van kerkgebou Hoewel die mense ver oor ongebaande weë met ossewaens moes ry om by die kerk te kom, was daar 'n groot persentasie lidmate wat die dienste getrou bygewoon het. Die kerkie op Maclear was dan ook kort ná die afstigting te klein en moes vergroot word. In 1896 het die Afrikaners en die Wesleyane saam die kerkie gebou wat tans die Metodistekerk is. Daar is na 'n tyd kerk gehou in die klein kerkie naby die magistraatskantore, wat eers 'n biblioteek was vanaf 1896. Die ou kerk is gebou in 1905 en daarna is die gedeelte aangebou wat na die rivier toe wys.

Die sendingwerk is blykbaar tydens die eerste jare van die gemeente Maclear se bestaan links laat lê, want in 1925 word vir die eerste keer in die notule melding gemaak van sendingwerk; en in 1930 word vir die eerste keer 'n evangelis op Maclear aangestel. Kort voor lank het die gemeente egter 'n kerkie en pastorie laat bou in die bruin woonbuurt, Nuwerus. Later het die kerkraad ook geld ingesamel om 'n sendingkerkie in die swart woonbuurt te laat oprig.

Die gemeente se ou kerkie, weliswaar vergroot, het teen die begin van die jare vyftig uitgediend begin raak en toe is daar planne in die werk gestel om 'n nuwe te laat oprig.

Enkele leraars duimnael|262x262px|2 de leraarEdwin Cheere Anderssen, 1896 – 1899 William Robertson de Villiers, 1917 – 15 September 1919 (oorlede in die amp) Jacobus Petrus Kriel, 1920 – 1924 Nicolaas Franciscus Petrus Burger, 1925 – 1928 Johan George Weber, 1929 – 21 Januarie 1933 (oorlede in die amp) Willem Carel Van der Merwe de Swardt, 1933 – 1939 duimnael|214x214px|10de leraar........Beroep na RiebeeckgemeenteMechiel Johannes Horn, 1940 – 1944 Daniël Jacobus Retief, 1945 – 1952 (aanvaar sy emeritaat) Hendrik Francois Conradie, 1952 – 1960 Gerjo van der Merwe, 1961 – 1964 Rudolph Christopher Herholdt, 28 November 1964 – 1969 Jan Abraham du Plessis, 1974 – 1978 Francois Botha, 1979 – 1981 Etienne Marthinus van Wyngaardt, 13 Maart 1982 – 1984 duimnael|262x262px|7 de Leraar. Emeritaat aanvaar..duimnael|241x241px|11de Prop.J G F Roelofse 1970-1973 Na Pietermaritzburg-NoordChristo Conradie 1985 – 1986 Jacobus Cornelis Engelbrecht, 1986 – 1990 (demissie, beroep) Salomon Jansen Pretorius, 1991 – 2005 Willem (Willie) Abraham van Zyl, 2005 – 2009 Hendrik Wessel de Kock, 2010 - 30 April 2014Amptelike nuus , Kerkbode, 2 Mei 2014. URL besoek op 9 Junie 2014. W.J. Janse van Rensburg, 25 Oktober 2014 – hede (gesamentlik met Ugie)

Bronne Olivier, ds. P.L. (samesteller). 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-Uitgewers.

Verwysings

duimnael|238x238px|8 ste leraar. Na Kimberly-Noord.

Eksterne skakels Maclear se NG kerkgebou soos te sien op Google Maps. URL besoek op 30 Augustus 2013.

Kategorie:Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap