Vir die "Krokodilrivier", 'n sytak van die Limpopo, sien Krokodilrivier (Limpopo).
Die Krokodilrivier is 'n groot rivier wat deur Mpumalanga, Suid-Afrika vloei.
Oorsprong en roete Die Krokodilrivier ontspring in die Steenkampsberge noord van Dullstroom, Mpumalanga, en is 'n takrivier van die Komatirivier. Dit staan ook bekend as die Krokodilrivier (Oos) om verwarring te voorkom met die Krokodilrivier in die weste van die ou Transvaal.
duimnael|links|300px|Krokodilrivier vanuit Marlothpark gesien.
Die Krokodilrivier in Mpumalanga het 'n opvanggebied van 10 446 km2. Stroomop is die gewilde forelhengelplekke rondom Dullstroom.Hengel in Dullstroom Na die Kwenadam vloei die rivier deur Schoemanskloof, oor die Montrose-waterval na die Laeveldse landbougebied. Die stelselmatige afname in die rivier se volume is waarskynlik a.g.v. wateronttrekking vir landboubesproeiing en natlei van vrugteboorde. Daarna vloei dit deur Nelspruit se nywerheidsgebied, dan langs die suidelike Krugerwildtuingrens en groot suikerrietplantasies, en naby Komatipoort vloei die rivier in die Komatirivier in.The Komati River Basin and Land Use
Toerisme-aantreklikhede langs die Krokodil duimnael|regs|300px|Krokodilrivier vanuit Ngwenya Lodge gesien duimnael|regs|300px|Krokodilrivier vanaf Malalane gesien duimnael|regs|300px|'n Nylkrokodil lê en bak in die son op die oewer van die Krokodilrivier naby Malalane Die rivier vloei deur die Laeveld- Botaniese Tuin by Nelspruit, waar dit 'n diep kloof binnegaan, en die Nelsrivier uit die noorde daarby aansluit. Dit vorm ook die volle suidelike grens van die Krugerwildtuin. Hier verskaf die oewer uitstekende wildkykgeleenthede, aangesien diere vrylik tussen die Krugerwildtuin en privaat reservate ten suide rondbeweeg.
Gewilde oorde sluit onder meer in: Leopard Creek Gholfbaan, deur Gary Player ontwerp Malelaneruskamp in die KrugerwildtuinMalelane Ruskamp Marlothpark (landgoed en wildbewaringsgebied) Ngwenya Lodge ('n tyddeeloord) Krokodilbrugruskamp in die KrugerwildtuinKrokodilbrug Ruskamp
Sytakke Bankspruit Bumespruit (Krugerwildtuin) Elandsrivier, 'n sytak van die Krokodilrivier bekend om sy etlike watervalle. Dit ontspring in die grasvlaktes van die Drakensbergplato naby Machadodorp. eMlambenirivier (Krugerwildtuin) Hartebeesspruit Houtbosloop en Devil's Creek, met mondings digby Montrosepas op N4 Kaaprivier, monding digby N4 langs die Krugerwildtuin met sytakke: Suidkaap- en Noordkaaprivier, met voorgenoemde se sytak, die Queensrivier Mbiyamitirivier (Krugerwildtuin) met sytak: Napispruit (Krugerwildtuin) Nelsrivier, wat te Long Tompas op die Drakensberge ontspring Statsrivier Vurhamispruit (Krugerwildtuin) Witrivier met sytakke: Blinkwaterspruit en Boonsteloop
Verwysings
Eksterne skakels Riviere van Suid-Afrika
Kategorie:Mpumalanga Kategorie:Riviere in Mpumalanga Kategorie:Krokodilrivier (Mpumalanga)