Platinum Stars is 'n professionele sokkerspan in Rustenburg, wat in die Premier Sokkerliga speel. Dikwena (Tswana vir Krokodille, die bynaam van die span) speel sy tuiswedstryde in die Royal Bafokeng-stadion, wat sedert die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 42 000 sitplekke het.
Tot 2007 het die span Silver Stars geheet.
Erelys Kampioen Eerste Afdeling (1) 2002/03
Bekende sokkerspelers Stanley Kgatla Manqoba Kunene
Kategorie:Rustenburg Kategorie:Suid-Afrikaanse sokkerklubs