duimnael|links|200px|Die orbitale resonansies van Ganimedes, Europa en Io. duimnael|links|150px|Vergelyking in grootte met die Aarde

Europa (Grieks: Ευρώπη; ook Jupiter II) is die vierde grootste maan van die planeet Jupiter ná Io, en ook die sesde grootste maan in die sonnestelsel ná die Aarde se Maan. Europa is bekend vir sy yskors, waaronder 'n oseaan van water met 'n diepte van 100 km vermoed word.

Die vier Galileiaanse mane is met 'n teleskoop sigbaar. In vergelyking met die ander Galileiaanse mane het Europa 'n baie ligte oppervlak met 'n albedo van 0,68, wat beteken dat 68% van die sonlig wat ontvang word, weerspieël word.

Galileo Galilei het die maan se bestaan op 7 Januarie 1610 geregistreer, saam met die drie ander Galileiaanse mane Callisto, Ganumedes en Io. Die maan is vernoem na Europa, 'n dogter van die Fenisiesekoning Agenor en sy vrou Telephassa, 'n nimf en 'n geliefde van Zeus in die Griekse mitologie.

Verwysings

Kategorie:Mane van Jupiter