Konstantin Oestinowitsj Tsjernenko (Russies: Константи́н Усти́нович Черне́нко; 24 September 1911 – 10 Maart 1985) was ’n politikus van die Sowjetunie en van 13 Februarie 1984 tot met sy dood sekretaris-generaal van die land se Kommunistiese Party. Hy was toe reeds ernstig siek, nes sy voorganger, Joeri Andropof. Hy is 13 maande later oorlede sonder dat hy iets kon doen aan die haglike toestand waarin die land verkeer het. Hy is opgevolg deur Michail Gorbatsjof.
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Kategorie:Russiese politici Kategorie:Kommuniste Kategorie:Sowjetse staatshoofde Kategorie:Geboortes in 1911 Kategorie:Sterftes in 1985