Buffelshoekpas lê op die R303-grondpad suidoos van Citrusdal en in die Sederberge. Die bergpas bereik 'n hoogte van 1 110 m bo seevlak en 'n maksimum helling van 1:12.

Let daarop dat daar in die Oos-Kaap op die R337 ook 'n Buffelshoekpas is. Laasgenoemde pas word ook soms die Buffelshoeknek genoem.

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap