Aeroflot duimnael|senter|260px|’n Iljoesjin Il-96-300 van Aeroflot IATA-kode SU ICAO-kode AFL Gestig9 Februarie 1923 HoofkwartierMoskou Hooflughawe Sjeremetjewo Aantal vliegtuie177 Aantal passasiers 11,2 miljoen (2010) Alliansie SkyTeam Bestemmings 146 (voor Feb 2022) 58 lande Webtuiste www.aeroflot.ru www.aeroflot.ru
Aeroflot (Russies: ОАО «Аэрофлот - Российские авиалинии») is die grootste lugdiens van Rusland. Tydens die Sowjetunie se bestaan was dit die grootste lugredery ter wêreld – op sy hoogtepunt in 1991 het die vloot uit 1 600 vliegtuie bestaan. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie is die maatskappy in tientalle kleiner maatskappye opgedeel, waarvan baie sedertdien bankrot gespeel het. Aeroflot het tans sowat 200 vliegtuie en vlieg na 146 bestemmings in 58 lande. Die Sjeremetjewo Internasionale Lughawe by Moskou is die lugdiens se hooflughawe.
Geskiedenis In 1921, kort ná die einde van die Russiese Burgeroorlog, het die regering ’n aparte organisasie gestig vir lugverkeer. Op 9 Februarie 1923 is Dobroljot gestig vir binnelandse vlugte. Die eerste vlug het op 15 Junie 1923 plaasgevind tussen Moskou en Nizjni Nowgorod. In 1930 is die naam na Grazjdanski wozdojesjni flot ("Burgerlugvloot") verander en in 1932 na Aeroflot.
Die lugdiens bestaan sedert 1994 in sy huidige vorm toe dit geprivatiseer is en die naam Aeroflot – Russian International Airlines gekry het. Die staat het steeds ’n meerderheidsaandeel van 51 persent. In 2000 is die naam verander na Aeroflot – Russian Airlines. In dié jaar is 5,1 miljoen mense en 107 000 ton vrag vervoer.
In 2002 het die lugdiens nog nege soorte vliegtuie gehad: ’n mengsel van Russiese, Boeing- en Airbus-vliegtuie. Die vloot is gemoderniseer en in Januarie 2022 was daar ses soorte: die Airbus A320, Airbus A330, Airbus A350, Boeing 737, Boeing 777 en die Soechoi Superjet 100. Vanaf April 2006 is Aeroflot deel van die lugvaartorganisasie SkyTeam, ’n alliansie van internasionale lugdienste.
Operasionele gegewens In 1990 in die Sowjetunie is ’n rekordgetal van 90,8 miljoen passasiers vervoer, hoofsaaklik na bestemmings binne die land. Die verbrokkeling van die Sowjetunie het gelei tot ’n drastiese afname in lugverkeer. In 1999 het die getal passasiers gedaal tot net meer as 20 miljoen. Naas die verbrokkeling was die laer ekonomiese aktiwiteit en die wegval van subsidies aan die lugvaartbedryf die grootste oorsake van dié daling. In 2010 is 57 miljoen passasiers vervoer – 60 persent daarvan na internasionale bestemmings.
Teen November 2022 besit die lugdiens die volgende vliegtuie: + Aeroflot-vloot Vliegtuig In vloot Bestellings Passasiers PassasiersvliegtuieAirbus A320-20058—140Airbus A321-20033—170Airbus A330-2002—241Airbus A330-30010—302Airbus A350-900713Nie bekendBoeing 737–80037—Nie bekendBoeing 777-300ER22—Nie bekendIrkoet MS-21—50Nie bekendSoechoi-superjet 100-95489– VragvliegtuieMcDonnell Douglas MD-11F3—NVTTotaal177452
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Kategorie:Lugrederye Kategorie:Russiese maatskappye