Siluriformes (babers of katvisse) is 'n wydverspreide vis-orde wat tot die klas Actinopterygii behoort.
Kenmerke Dié orde is een van die grootstes met ongeveer 31 families, 400 genera en oor die 2200 spesies. Die meerderheid van die families leef in varswater en slegs twee families leef in die see. Babers kom oorwegend voor in Suid-Amerika maar word ook aangetref in Afrika, Noord-Amerika en Eurasië. Hulle almal het drie tot vier baarde om die mond en het geen skubbe nie. Baie spesies het 'n skerp stekel in die dorsale en pektorale vinne.
Babers in Suid-Afrika Babers is een van die gewildste teikenvis onder varswater hengelaars in Suid-Afrika en die afgelope tien jaar het die baber al hoe gewilder geword. Die baber is tewens die grootste inheemse roofvis in ons waters; dit is volop, baklei baie goed op ‘n vishoek en is boonop ‘n uitstekende tafelvis. Daarbenewens gryp ‘n baber net so gretig ‘n kunsaas as enige ander aas, wat dit ook ‘n gewilde teiken vir kunsaas-hengelaars maak.Baber Hengel , besoek op 27 Mei 2013
Families Die volgende visfamilies behoort tot die orde Siluriformes:
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies Visordes van Suider-Afrika
Bron http://fishbase.org
Verwysings
Kategorie:Beenvisse