Maria Yuryevna Sharapova (Russies: Мари́я Ю́рьевна Шара́пова, Maria Yuryevna Sharapova, [mɐˈrʲijə ˈjʉrʲjɪvnə ʂɐˈrapəvə], ; gebore 19 April 1987 in Njagan, Wes-Siberië) is 'n voormalige Russiese tennisspeler en model.
Sharapova is bekend vir haar harde gekreun tydens wedstryde soos sy houe slaan. Tydens 'n wedstryd in 2005 op Wimbledon is die kreun gemeet op 101 dB, ongeveer die volume van 'n polisiemotor se sirene op kort afstand.
In Maart 2016 het aan die lig gekom dat Sharapova tydens die Australiese Ope 'n dwelmtoets vir meldonium, 'n stof wat aan die begin van 2016 deur die Wêreldagentskap teen Opkikkers (Wada) verbied is, gefaal het. Op 8 Junie 2016 is sy deur die Internasionale Tennisfederasie (ITF) vir twee jaar verban.
Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Maria Sharapova tydens die Franse Ope in 2013 duimnael|links|upright|Maria Sharapova tydens die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen Die tabel toon Sharapova se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroue-enkels waaraan sy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope2003 Rondte 1 Rondte 1 Rondte 4 Rondte 22004 Rondte 3 Kwarteindstryd Wenner Rondte 32005 Halfeindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd Halfeindstryd2006 Halfeindstryd Rondte 4 Halfeindstryd Wenner2007 Eindstryd Halfeindstryd Rondte 4 Rondte 32008 Wenner Rondte 4 Rondte 2 Beseer2009 Beseer Kwarteindstryd Rondte 2 Rondte 32010 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 4 Rondte 42011 Rondte 4 Halfeindstryd Eindstryd Rondte 32012 Eindstryd Wenner Rondte 4 Halfeindstryd2013 Halfeindstryd Eindstryd Rondte 2 Beseer2014 Rondte 4 Wenner Rondte 4 Rondte 42015 Eindstryd Rondte 4 Halfeindstryd Beseer2016 Diskwalifiseer Beseer Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie2017 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 42018 Rondte 3 Kwarteindstryd Rondte 1 Rondte 42019 Rondte 4 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 12020 Rondte 1 Nie deelgeneem nie Toernooi nie gehou nie Nie deelgeneem nie
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Maria Sharapova se ITF-profiel Maria Sharapova se WTA-profiel
Kategorie:Russiese tennisspelers Kategorie:Modelle Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers