Die Vlermuisvisse en Graafvisse (Ephippidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is sewe genera met dertien spesies wat hoort tot dié familie en vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke duimnael|links|200px|Platax orbicularis

Die familie se lywe is ovaalvormig met 'n kort kop en steil voorkop. Die bekkenvinne is langer as die pektorale vinne. Die grootte wissel van 20 – 75 cm.

Genera Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Platax Platax orbicularis - Ronde vlermuisvis Platax teira - Langvin-vlermuisvis

Tripterodon Tripterodon orbis - Graafvis

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse