Die wildekat (Felis silvestris) is ’n spesie in die familie van katagtiges waarvan subspesies in Europa, Afrika en Wes- en Sentraal-Asië aangetref word. Aangesien hulle volop voorkom, word hulle sedert 2002 op die IUBN-rooilys as "laer risiko" aangedui.Driscoll, C., Nowell, K. (2010) Felis silvestris . In: IUCN 2011. Weergawe 2011.2.

Die Afrika-wildekat of vaalboskat is die voorvader van alle huiskatte. Die woestynkat (Felis margarita) is die naaste verwant aan die wildekat.

Verspreidingsgebied Die natuurlike verspreidingsgebied van die wildekat strek van Skotland en Wes-Europa tot in Sentraal-Asië en wes van Indië. Hulle kom ook in Afrika voor, behalwe in die sentrale reënwoudgordel.

Subspesies Die voorkoms van verskeie plaaslike variëteite en die beskrywing van verskeie subspesies binne die groot verspreidingsgebied het vir ’n lang tyd tot verwarring gelei. Van 2007 af word vyf subspesies erken:

Die Europese wildekat (Felis silvestris silvestris) kom voor in Brittanje, Europa en dele van Suidwes-Asië en word veral aan sy ruie stert uitgeken wat in ’n breë, stomp punt eindig. Die pels is dik en die streeppatroon meestal opvallend. Die Afrika-wildekat of "vaalboskat" (Felis silvestris lybica) kom in Afrika, die Arabiese Skiereiland en aangrensende dele van Suidwes-Asië voor. Dit het ’n skerppuntstert, rooi kleur aan die agterkant van die ore en ’n onbeduidende streeppatroon. Die Asiatiese wildekat (Felis silvestris ornata) kom voor van die Nabye-Ooste tot in Wes-Indië, Sentraal-Asië tot in Noordwes-China en Mongolië. Hy lyk soos die Afrika-wildekat, maar die pels se patroon bestaan eerder uit kolle as strepe. Die Suider-Afrikaanse wildekat (Felis silvestris cafra) van die suidelike en sentrale dele van Afrika, wat geneties verskil van die wildekatte in Noord-Afrika. Die Sjinese bergkat (Felis silvestris bieti) kom voor in Wes-China en word hoofsaaklik aangetref in die Qinghai-provinsie en moontlik in die noordwestelike Sichuan-provinsie.He, L., García-Perea, R., Li, M., Wei, F. 2004. Distribution and conservation status of the endemic Chinese mountain cat Felis bieti. Oryx 38(1): 55–61.

Beskrywing Die wildekat lyk in alle aspekte baie soos die huiskat. Hoewel laasgenoemde in talle kleure en patrone voorkom, is die wilde spesies lig geel tot medium bruin met swart strepe of kolle.

Wildekatte se grootte wissel van 36,5 tot 80 cm (kop en lyf), met ’n bykomende 21 tot 45 cm as die stert ingesluit word. Zsienvis (2011). Hul skouerhoogte is sowat 25 tot 40 cm. Die katte se gewig verskil taamlik, maar die meeste weeg tussen 3 en 6 kg. Red Book (2011).Boitani, L. 1984. Simon & Schuster's Guide to Mammals. Simon & Schuster/Touchstone Books,

Wildekatte maak dieselfde geluide as huiskatte: hulle spin, miaau, sis en grom.

Prooi Die wildekat is ’n vleisetende dier. Insekte en plante vorm net ’n klein deel van sy dieet. Al die subspesies se prooi bestaan hoofsaaklik uit klein soogdiere, hoofsaaklik knaagdiere, konyne en voëls.

Verwysings

Eksterne skakels

IUCN/SSC Cat Spesialisgroep: Europese wildekat IUCN/SSC Cat Spesialisgroep: Sjinese bergkat IUCN/SSC Cat Spesialisgroep: Asiatiese wildekat IUCN/SSC Cat Spesialisgroep: Afrika-wildekat UNEP Global Resource Information Database: Felis silvestris Schreber, 1777

20px|linksHierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia en Duitse Wikipedia

Kategorie:Katagtiges