Die Kinnebakke (Parascorpididae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is slegs een genus met een spesie wat hoort tot dié familie en die spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke Die familie se lywe is reghoekig, bedek met klein skubbe en die stertvin is gevurk. Die bek is groot. Die familie word tot 60 cm groot.

Genus Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Parascorpis Parascorpis typus – Kinnebak

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse