Die Europese korthaarkat is ’n katras wat in Swede ontstaan het. Die ras is onlangs erken om die rasse te bewaar wat al lank natuurlik in Europese dorpe en stede voorkom.
Geskiedenis Die Eurpese korthaatkat het sy eweknieë in Brittanje (die Britse korthaarkat) en Amerika (die Amerikaanse korthaarkat), wat al baie langer geteel word.
Eersgenoemde is egter met Persiese katte gekruis en selektief geteel sodat dit ’n stewiger kat met ’n korter snoet en dikker pels kon wees. Dit is ook eers die Europese korthaarkat genoem en het saam met dié katte in een klas meegeding tydens skoue, tot in 1982, toe die Skandinawiese tipe Europese korthaarkat as ’n aparte ras met sy eie standaarde erken is.
Beskrywing Die Europese korthaar is ’n sterk kat van gemiddelde grootte tot groot, met ’n breë, gespierde bors. Die sterk bene is van gemiddelde lengte en die pote is rond. Die stert is redelik dik by die basis en loop dunner na die punt, wat stomp is. Die redelike groot kop is rond, maar nie so rond soos die Britse korthaarkat s’n nie. Die ore is van gemiddelde grootte en het ’n effens ronde punt. Die oë is rond en kan enige kleur wees. Die pels is kort, sag en blink, en lê plat. Alle natuurlike kleure is aanvaarbaar, onder meer swart, wit, rooi, blou en room, en met of sonder strepe.
Dis onmoontlik om die kat se geaardheid akkuraat op te som, aangesien hulle geteel is uit gewone huiskatte met verskillende geaardhede. Hulle is meestal aktief en liefdevol. Die meeste sal muise in die huis of tuin vang.
Sien ook Lys van katrasse
Verwysings
Eksterne skakels Cats United International
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Katrasse