Die Aden gepantserde knorhaan (Satyrichthys adeni) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Golf van Aden tot by Mosselbaai.
Voorkoms Die vis se lyf is lank en die kop is plat. Aan die snoet is daar twee lang bene wat uitsteek terwyl daar aan die ken twee baarde is. Die kop en lyf is oranjerooi tot rooibruin terwyl die rante van die dorsale en anale vin dof bruin is. Die vis word tot 70 cm lank.
Habitat Die vis leef in sand en modder bodems in water wat 58 – 295 m diep is.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel Satyrichthys adeni by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse