Die Oosterse langhaarkat (Engels: Oriental Longhair) is ’n katras soortgelyk aan die Balinese kat en die Javanese kat. Dit lyk nes ’n Oosterse korthaarkat, maar het langer hare. Dit is voorheen die Britse angora genoem, maar die naam is in 2002 verander om verwarring met die Turkse angora te voorkom.
Daar is geen naam wat internasionaal vir die ras aanvaar word nie en dit word soms ook die Mandarynse kat (Mandarin) genoem. Die Southern African Cat Council erken net ’n Oosterse mediumhaarkat.Southern African Cat Council , URL besoek op 15 Januarie 2012 Enige kleur en patroon is aanvaarbaar.
Sien ook Lys van katrasse
Verwysings
Eksterne skakels Suider-Afrikaanse standaarde TICA-standaarde
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Katrasse