Die Barrakudas (Sphyraenidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is slegs een genus met twintig spesies in hierdie familie, en agt van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke duimnael|links|200px|'n Barrakuda naby Meksiko Visse van hierdie familie het lang, byna silindervormige lywe met lang koppe en het twee dorsale vinne wyd uitmekaar. Die lyf is bedek met klein skubbe en die grootte wissel tussen 30 cm en 2 m. Hulle verkies riviermondings en vlak kuswater oor koraalriwwe om in te leef. Hulle eet hoofsaaklik vis en tjokka. Visse van die familie is eetbaar en gewilde sportvisse.

Genus Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Sphyraena Sphyraena acutipinnis Sphyraena barracuda – Barrakuda Sphyraena flavicauda Sphyraena forsteri Sphyraena jello – Piksteel-barrakuda Sphyraena obtusata Sphyraena putnamae – Saagtand-barrakuda Sphyraena qenie

Sien ook

Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse