Flamengo is 'n Brasiliaanse sokkerklub in Rio de Janeiro, wat in die Brasiliaanse Serie A speel. Die span se tuisveld is die Estádio do Maracanã (met 'n kapasiteit van 77 000 plekke), wat hulle deel met Botafogo en hul jarelange mededinger Fluminense. Die derby tussen hierdie spanne staan bekend as Fla-Flu en is moontlik die strafste in Brasilië.

Flamengo is vernoem na die wyk Flamengo in Rio de Janeiro, wat weer na die Vlaminge vernoem is. Die klub is aanvanklik vir roei gestig, maar nadat 'n paar spelers van Fluminense in 1911 met die bestuur gebots het, het hulle afgestig van Flu en by Fla aangesluit om daar ook 'n sokkerafdeling op die been te bring.

Erelys Kampioen Brasilië (8) 1980, 1982, 1983, 1987, 1992, 2009, 2019, 2020 Copa do Brasil (4) 1990, 2006, 2013, 2022 (naaswenner (3): 1997, 2003, 2004) Copa dos campeões (1) 2001 Copa Libertadores (3) 1981, 2019, 2022 Wêreldbeker vir Klubs (1) 1981

Beroemde sokkerspelers Romário Ronaldinho Sócrates

Kategorie:Sport in Rio de Janeiro (stad) Kategorie:Brasiliaanse sokkerklubs