duimnael|240px|Pres. Barack Obama van die VSA en Bartolomeus I in gesprek (2009). duimnael|240px|Bartolomeus I en Pous Franciskus (2014).

Ekumeniese Patriarg Bartolomeus I (Grieks: Οἰκουμενικός Πατριάρχης Βαρθολομαῖος Α'; Turks: Patrik I. Bartolomeos; gebore 29 Februarie 1940) is sedert 2 November 1991 die Aartsbiskop van Konstantinopel, Nuwe Rome en as Ekumeniese Patriarg die geestelike hoof van die Oosters-Ortodokse Kerk.

Hy is op die dorp Zeytinli, Turkye, gebore as Dimitrios Arhondonis (Δημήτριος Αρχοντώνης; Dimítrios Archontónis), seun van Christos en Merope Archontónis. Hy behoort tot ’n klein groep Grieke wat afstam van die oorspronklike Griekse bewoners van die huidige Turkye.

Wydings 13 Augustus 1961 – diaken, kry die kerknaam Bartolomeus 19 Oktober 1969 – priester Kersfees 1973 – metropoliet van Philadelphia (Klein-Asië) 14 Januarie 1990 – Metropoliet van Chalcedon 2 November 1991 – 270ste Aartsbiskop van Konstantinopel, Nuwe Rome en Ekumeniese Patriarg

Eksterne skakels

Kategorie:Turke Kategorie:Patriarge Bartolomeus I van Konstantinopel Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Lewende mense