Die Wagendriftdam is 'n dam in die Boesmansrivier in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dam is in 1963 voltooi en het 'n bakmaat van 55.9 miljoen m3. Alhoewel die dam as 'n besproeiingsdam ontwerp is, verskaf dit ook drinkwater aan Estcourt.

Die dam is duidelik sigbaar vanaf die N3-nasionale pad waar dit oor die Boesmansrivier gaan.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:KwaZulu-Natal