Die Bosvark (Potamochoerus larvatus) is 'n dier wat aan die ooskus gebied van Suid-Afrika, die Limpoporivier en oor feitlik die hele Zimbabwe en Mosambiek voorkom. Die dier lyk meer soos 'n vlakvark as na 'n gewone vark.
Bou en kleur Die kleur varieer van grysbruin tot donkerbruin en word donkerder met die jare. Die maanhare is ligter en kan opgelig word. Die gesig is ligter van kleur en onder na die bene word dit swart. Die slagtande is kort en skerp. Hulle verkil verder van vlakvarke omdat hulle nie sulke prominente vratte het nie en die tande is kleiner, die snoete is smaller en die ore skerper gepunt.
Bere Die bere word tot 82 kg swaar en is swaarder as die sôe.
Sôe Die sôe het 'n dratyd van ±4 maande en tussen November en Januarie word van drie tot agt kleintjies gebore.
Ander feite Hulle natuurlike vyande is luiperds. Bosvarke vreet hoofsaaklik wortelstokke, bolle, knolle maar ook blare, groente, erdwurms en vrugte. Hulle vorm troppe van 6 tot 12 diere en kom voor in of naby ruigtes, rivierbosse en rietkolle naby water.
Subspesies sluit in: Potamochoerus larvatus larvatus Potamochoerus larvatus edwardsi Potamochoerus larvatus hassama Potamochoerus larvatus koiropotamus Potamochoerus larvatus nyasae Potamochoerus larvatus somaliensis
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron
Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. . 2009
Verwysings
Kategorie:Dierelewe van Afrika Kategorie:Varke