Die grootgrysmuishond (Herpestes ichneumon) is 'n muishond wat aan die suidelike en oostelike kustreke van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom.
Voorkoms en habitat duimnael|links|Skets van 'n grootgrysmuishond. duimnael|links|Geraamte
Die dier is gespikkeld grys en die hare is lank en grof terwyl die bene swart is. Hy het 'n verlengde kop en lyf en word tot 100 cm lank. Die mannetjie weeg tot 3.4 kg en die wyfie tot 3.1 kg. Die muishond kom voor in die rante van riviere, damme en vleie.
Gewoontes Hulle is dag- en naglewend en soek in pare of klein groepies na kos. Twee kleintjies word vroeg in die somer gebore. Hulle eet muise, voëls, reptiele, paddas en insekte terwyl hulle natuurlike vyande leeus, luiperde, luislange en groot roofvoëls is.
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. . 2009
Verwysings
Kategorie:Muishonde