People Against Gangsterism and Drugs (PAGAD, Afrikaans: "Mense teen misdaad en dwelms"), voorheen bekend as Muslims Against Global Oppression (Afrikaans: "Moslems teen globale onderdrukking"), is 'n organisasie wat in November 1995 gestig is as 'n Islamities georiënteerde burgerbeweging wat hulle verset teen middelmisbruik en misdaad op die Kaapse Vlakte in Kaapstad, Suid-Afrika. Die organisasie was bekend vir sy geweld teen bendelede en was betrokke by brandstigting en selfs moord.People Against Gangsterism and Drugs (PAGAD), Center for Defense Information Dit word deur die Verenigde State as 'n terroristegroep beskou.

Hoewel Pagad baie kleiner is as in die vroeë jare ná sy stigting, rapporteer die organisasie dat hy sedert 2014 groei.

Oorsprong Pagad is oorspronklik deur 'n handjievol lede van die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) en van die gemeenskap uit die Kaapse Vlakte gestig wat besluit het om openbare betogings te reël om die regering onder druk te plaas om die onwettige dwelmhandel en bendebedrywighede doeltreffender te beveg. Pagad het sake egter al hoe meer in eie hande geneem omdat hulle geglo het die polisie tree nie genoegsaam teen bendes op nie. Aanvanklik was die gemeenskap en die polisie huiwerig om teen Pagad op te tree en het hulle die noodsaaklikheid van gemeenskapsoptrede teen misdaad in die bendegedrewe gemeenskappe van die Kaapse Vlakte erken.

Berugte bendelede is aanvanklik deur Pagad-lede gevra om hul misdaadbedrywighede te staak of onderworpe te wees aan gepeupelgeregtigheid. 'n Algemene Pagad-praktyk was om die huise van dwelmhandelaars aan die brand te steek en bendeleiers dood te maak. Pagad se veldtog het in 1996 prominent geword toe die leier van die Hard Livings-bende, Rashaad Staggie (Rashied Staggie se tweelingbroer) vermoor is tydens 'n optog by sy huis in Soutrivier. Die polisie in Suid-Afrika het Pagad gou beskou as deel van die probleem eerder as 'n vennoot in die stryd teen misdaad, en hulle is uiteindelik deur die Suid-Afrikaanse regering as 'n terroriste-organisasie verklaar.

Die bedreiging van toenemende misdaadbedrywighede in 2000 het daartoe gelei dat die Wes-Kaapse provinsiale regering 'n "oorlog teen bendes" verklaar het, wat destyds 'n belangrike prioriteit van die provinsiale regering geword het.

Huidige aktiwiteite Pagad handhaaf vandag 'n klein en minder sigbare teenwoordigheid in die Kaapstadse Moslem-gemeenskap.

Verwysings

Sien ook Planet Hollywood-bomaanval

Eksterne skakels

Kategorie:Islam in Suid-Afrika Kategorie:Islamitiese terrorisme