Die grootkolmuskeljaatkat (Genetta tigrina) kom voor aan die suidelike en oostelike kusgebiede van Suid-Afrika.

duimnael|links|300px|'n Muskeljaatkat in Botswana. Foto geneem deur Hp.Baumeler van Switserland Bou en kleur Die soogdier kan tot 3.2 kg swaar word en is wit of gryswit met swart kolle, ringe en strepe. Die stert is donker met wit ringe. Van die skouers, al op die ruggraat langs tot by die stertbasis, is 'n strook donker hare. Daar is wit kolle onder die oë en die wange is ook wit; dit word geskei deur donkerbruin strepe vanuit die hoeke van die oë. Die ore is rond en regop. Die stert eindig in 'n swart punt en die ken is wit. Daar is geen verskil tussen die geslagte nie.

Habitat Die diere verkies waterryke gebiede met genoeg onderbos en hulle eet: rotte, muise, sprinkane, kewers, voëls, spinnekoppe, krieke en paddas.

Gewoontes Hulle is naglewend en kom na sononder uit. Hulle slaap bedags in ou erdvark- of springhaasgate of hol boomstamme. Hulle beweeg merendeels op die grond maar kan ook boomklim. Die dier kom nog buite bewaringsgebiede voor. Twee tot vyf kleintjies word na 'n dratyd van ±2 maande tussen Augustus en Maart gebore. Die lewensduur is ±13 jaar. Hulle natuurlike vyande is die luiperd, leeu en die luislang.

Sien ook

Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. .

Verwysings

Kategorie:Sivet- en muskeljaatkatte