Die Klein Rooi Skeerbek (Crocidura hirta) is 'n skeerbek wat hoofsaaklik in Zimbabwe, Botswana, sentraal Namibië en Mosambiek voorkom.
Kleur en voorkoms Die kleur van die soogdier wissel van grysbruin in die ooste tot bleekbruin in die weste van die gebied waarin hulle voorkom. Die stert is kort en die onderkant is gryswit. Die diertjie word tot 15 cm lank en 16 gram swaar.
Habitat en gewoontes Hulle maak nes in klam ruigtes en ook in komposhope en kom algemeen voor in voorstedelike tuine. Die diertjie eet insekte en erdwurms. Een tot nege kleintjies word van September tot Mei gebore.
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.
Kategorie:Soogdiere