Die Oostelike Klipklaasneus (Elephantulus myurus) is 'n klaasneus wat in sentrale en noordelike Suid-Afrika en sentraal Zimbabwe voorkom.
Voorkoms Die soogdier is oor die algemeen gryser as die ander klaasneuse. Hulle lewe in rotsskeure en is skemeraktief en hou daarvan om in die laat middagson te sit en bak. Hulle word 26 cm lank en ±60 g swaar.
Habitat en gewoontes Hulle kom meestal in rotsagtige areas voor en eet insekte met 'n voorkeur vir miere en termiete. Een tot twee kleintjies word in September tot April gebore.
Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.
Verwysings
Kategorie:Soogdiere