Die Slimjannie (Acanthopagrus berda) is 'n vis wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom vanaf Oos-Londen. Die vis het sy naam gekry weens die feit dat hy die aas skelm van hoeke kan afvreet. In Engels staan die vis bekend as die River bream.
Voorkoms Die vis het 'n diep lyf en die stertvin is gevurk. Die vis is silwer tot swart met swart vlekke agter die boonste gedeelte van die kieue deksels. Hulle word tot 750 mm lank en word selde swaarder as 1 kg.
Habitat Weens hulle vermoë om in water te kan oorleef waarvan die soutgehalte verskil kom hulle ook in riviere en riviermondings voor. Hulle is al stroom-op in riviere gekry verby die punt waar getye die water beïnvloed. Die kleiner visse kom in skole voor terwyl die volwasse visse alleenlopers is. Hulle eet wurms, krappe, garnale en klein vissies. Dit is nie 'n gewilde eetvis nie.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronne Top Angling Fishes of Southern Africa. Hennie Crous. 2010. A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://www.fishbase.us/summary/Acanthopagrus-berda.html
Kategorie:Beenvisse