duimnael|Die wapen van Namibië sedert 1990 duimnael|Die nasionale seël van Namibië duimnael|’n Visarend (Haliaeetus vocifer) wat pas ’n vis gevang het duimnael|’n Gemsbok (Oryx gazella) in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië duimnael|’n Welwitschia (Welwitschia mirabilis) in Namibië
Die wapen van Namibië is met die onafhanklikheidwording van Suid-Afrika op 21 Maart 1990 amptelik in gebruik geneem. Die simbole is die vlag van Namibië, die Welwitschia in die Namibwoestyn, die visarend, die gemsbok en die leuse Unity, Liberty, Justice (Engels: “Eenheid, vryheid, geregtigheid”).
Ontwerp Die wapenskild in blou en groen word deur ’n skuinsstreep in rooi met wit fraiings verdeel. In die vordere veld is ’n goue son. Twee in hul natuurlike kleure afgebeelde gemsbokke dien as skildhouers van die wapen regop op woestynsand. In die woestynsand groei ’n groen Welwitschia. Bo die wapenskild ’n in die landskleure geverfde visarend op ’n toque. Onder die wapen die leuse Unity, Liberty, Justice (“Eenheid, vryheid, geregtigheid”)
Simboliek Die verskeie elemente van die wapen verteenwoordig die volgende:
Die wapenskild bevat die vlag van Namibië en beskik oor dieselfde simboliek. Dit staan vas in die sand van die duisendjarige Namibwoestyn.
In hierdie sand groei die Welwitschia, een van die oudste plante wêreldwyd.
Die visarend verteenwoordig die noordelike Namibië met sy waterhulpbronne. Die visarend is bekend vir sy deurdringende skree en sy kragtige liggaam. Hy verteenwoordig Namibië se toekoms.
Die twee gemsbokke weerskante die skild verteenwoordig die halfdroë gebiede van Namibië. Hulle staan vir elegansie, trots en moed.
Die heraldiese lint dra die Engelse leuse van die nasie, wat die grondliggende beginsels uit Namibië se grondwet noem: Unity, Liberty, Justice (“Eenheid, vryheid, geregtigheid”)
Geskiedenis Duits-Suidwes-Afrika In 1914 het die Duitse Keiserryk besluit om wapens vir al sy kolonies, insluitende Duits-Suidwes-Afrika, te ontwerp. Die wapen is ontwerp, maar die Eerste Wêreldoorlog het voor die voltooiing van die projek uitgebreek, en die wapen is nooit goedgekeur nie. Die wapen van Duits-Suidwes-Afrika het ’n silwer Afrikanerbeeskop, ’n diamant tussen sy horings, die Duitse Keiserlike arend en bo die Duitse Keiserkroon bevat. Pama, C. (1965). Lions and Virgins Hierdie wapen is, effens verander, op die vlag van die Duitse Keiserryk geplaas. Gedurende die 1920’s se neokolonialisme het die voorgestelde wapen ’n kort publieke verskyning gemaak, toe ’n effens veranderde weergawe deur die “Duitse koloniale Soldatevereniging” (Deutscher Kolonialkrieger-Bund), maar dit ook as ’n dekorasie op kalenders, gebruik is.
Suidwes-Afrika In 1958 het die Suid-Afrikaanse administrasie besluit om ’n amptelike wapen te ontwerp. Ná die goedkeuring van die Suid-Afrikaanse regering het die regering dr Coenraad Beyers betrek om die wapen te ontwerp. Dit is in 1961 gefinaliseer, in 1963 in gebruik geneem en in 1964 deur die Buro vir Heraldiek geregistreer. Dele van die Duitse ontwerp is ook vir die wapen van Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse administrasie gebruik.
Die wapen is in 1980 uit gebruik geneem toe in Suidwes-Afrika ’n drieledige regeringstelsel ingestel is. Die Verteenwoordigende Owerheid van die Blankes (1980–89) het die wapen in 1981 oorgeneem. Frederick Brownell (1990): 'The Evolution of the Coats of Arms and Flags of SWA and Namibia' in Archives News (Augustus 1990).
Namibië Die Nasionale Subkomitee van die Konstituerende Vergadering van Namibië, met lede soos Hidipo Hamutenya en Andrew Matjila, het opdrag gehad om ’n vlag, ’n wapen en ’n volkslied te kies. Die komitee is deur die Suid-Afrikaanse Buro vir Heraldiek bygestaan. Nadat hulle die vlag van Namibië goedgekeur het, het hulle daarop besluit om dieselfde ontwerp ook vir die wapen te gebruik, saam met ’n visarend (Haliaeetus vocifer) vir ’n kruin en twee gemsbokke (Oryx) as skildhouers. Merrington, A.J. (1990). 'New National Symbols for the Republic of Namibia' in Arma Vol 32/1990 – II. Die Welwitschia mirabilis op die kompartement is van die vorige wapen van Suidwes-Afrika oorgeneem.
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Flaggenlexikon (Beskrywing van vlag en wapen) Nasionale simbole van Namibië Suid-Afrikaanse heraldiese webwerf
Kategorie:Nasionale simbole van Namibië Namibië