Sarah Theron (gebore 5 Mei 1965) is 'n Afrikaanse sangeres en aktrise. Sy het in 1979 op veertienjarige ouderdom begin sing vir betaling teen R80 - destyds 'n klein fortuin. Deeglik onderrig in drama het sy een van die land se veelsydigste akteurs geword – van verhoogwerk tot televisiebekendheid, veral om haar rol as Baby Botha in M-Net-televervolgverhaal, Egoli: Plek van goud. Sy het vier jaar op dramaskool deurgebring; twee op Stellenbosch en twee by die Technikon Pretoria.
Diskografie Storm in 'n D-Cup, 2011 Liewe Madiba, 2010 Terug na Jou, 2009 Sit Die Ketel Aan, 2007 Egoli, Vol. 1, 2002
Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Verwysings
Eksterne skakels Sarah Theron se webwerf Sarah Theron op MusicBrainz
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaners Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1965