Patrizio (gebore as Patrizio Franco Buanne, 20 September 1978 in Wene, Oostenryk) is 'n Italiaanse bariton, liedjieskrywer en musiekvervaardiger. Sy sake was voorheen behartig deur Globe Records, 'n afdeling van Universal Music, maar daar is onlangs 'n nuwe aanbod met Warner Music Entertainment beklink.
Lewenskets Patrizio Buanne het in sy kinderjare tussen Napels (sy tuisstad) en Wene (waar sy ouers 'n restaurant besit het) grootgeword. Deur hierdie heen-en-weer pendel het hy 'n vurige liefde vir tale ontwikkel. Maar daar het op 'n vroeë ouderdom ook 'n ander talent na vore begin tree – sy talent om te sing en te vermaak.
Patrizio het Suid-Afrika einde Oktober 2011 vir die sesde keer besoek, met 'n album wat hy spesiaal vir Suid-Afrikaners saamgestel het – die helfte van die liedjies in Afrikaans. Nie alleen was hy die eerste internasionale sanger wat by Huisgenoot-Skouspel opgetree het nie, maar vir homself was dit ook die eerste keer dat hy Afrikaans op die verhoog gesing het.
Volgens Buanne was dit vir hom moeilik om Afrikaans onder die knie te kry:
Hy is ook bevriend met verskillende Afrikaanse sangers, versamel plaaslike wyne en het 'n hoë dunk van Suid-Afrikaners. Sy tweede album, Forever Begins Tonight het platinum-status in Suid-Afrika bereik.
Hy is op 16 April 2019 getroud.
Diskografie
Angelo di Dio (1997) Shake the Spaghetti (2002) The Italian (2005) The Italian Live in Concert (DVD) (2005) Forever begins Tonight (2007) Patrizio (2009) Home to Mama (DVD) (2010) Life is Beautiful: Dankie Suid-Afrika (2011) Wunderbar (2012) Viva la Dolce Vita (2015) Italianissimo (2018)
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Italiaanse sangers Kategorie:Lewende mense