duimnael|regs|Egpaar met twee kinders in die park van 'n kasteel, Michaelis Versameling Kaapstad
Dirck Dirckszoon van Santvoort (1610, Amsterdam – 1680, Amsterdam) was ’n Nederlandse Goue Eeuse skilder.
Lewenskets Dirck van Santvoort is gebore in 1610 in Amsterdam. Hy is die seun van die skilder Dirck Pieterszoon Bontapaert. Hy en sy broers het die van van Santvoort aangeneem.http://www.nationalgallery.org.uk/artists/dirck-santvoort
Volgens die Rijksbureau voor Kunsthistorische Documentatie (of RKD) is hy in 1648 in Amsterdam getroud en het ’n seun genaamd Rembrandt gehad. Hy is in 1657 vir ’n tweede keer getroud. Hoewel hy nie as ’n Rembrandtse kunsstudent geregistreer is nie, word hy as ’n lid van Rembrandt se Kunsskool beskou. Hy het gespesialiseer in die skep van portrette wat deur ’n Rembrandtse styl beïnvloed is.
Bron Henry Havard, Leopold Flameng, A. Mongin, L. Flameng, L'art et les artistes hollandais, 1879-1881
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1610 Kategorie:Nederlandse skilders Kategorie:Sterftes in 1680