Jana Cilliers (1950-) is 'n bekroonde Afrikaanse verhoog-, TV- en rolprentaktrise.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, As rolprentaktrise is sy bekend vir haar spel in Plekkie in die son (1979) en sy word onthou vir die TV-reekse Arende (1992) en Fees van die ongenooides (2008).
Cilliers is in 1950 gebore. Haar moeder was die bekende skilder Bettie Cilliers-Barnard. Haar eerste huwelik was met die bekende akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer Regardt van den Bergh in die tagtigerjare. Twee dogters, Lika en Leán, is uit die huwelik gebore. Sy is later met die akteur Bill Flynn getroud, wat in 2007 oorlede is.
Sy het nagraads aan die Royal Academy of Dramatic Art (RADA) in Londen gestudeer en is ewe tuis in Afrikaans en Engels. Reza de Wet het spesiaal vir haar die rol van Yelana geskryf. Onder regie van Mario Schiess en ná hom Mark Graham, het sy twee keer Esther Vilar se Pous Johanna II gespeel. Sy is ook dikwels in produksies van Marthinus Basson te sien, onder andere as Ariël in Shakespeare se Die storm (verwerk deur Tjaart Potgieter).
Filmografie Enkele van die rolprente en TV-reekse waarin sy verskyn het: Die Boekklub (TV-reeks), 2016 Fees van die ongenooides / Feast of the Uninvited (TV-reeks), 2008 The Good Fascist as Suzannah Leal, 1992 ’n Pot vol winter as Die Vrou, 1992 Screen Two (TV-reeks) as Stella, 1989 Quest for Love as Alex, 1988 Niemand weint für immer as Joanna Collins, 1984 Boetie Gaan Border Toe!, 1984 as Dosent Blink Stefaans as Linda, 1981 Game for Vultures as Ruth Swansey, 1979 Plekkie in die son as Karen Viljoen, 1979
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van die Universiteit Pretoria