Die damara-dik-dik (Madoqua kirkii) is 'n klein wildsbok wat hoofsaaklik in Sentraal- en Noordwes-Namibië voorkom. Dit staan ook bekend as 'n dik-dik of bloubokkie.

Kleur duimnael|links|Ooie in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië. duimnael|links|Damara-dik-dik in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië. Die rug en boude is gewoonlik 'n fyn gespikkelde grysbruin terwyl die nek, blaaie en sye bruiner is. Die bors en pens is vuilwit en die gedeelte om die oë wit. Die horinkies is kort en regop. Op die voorkop, tussen die horinkies, is 'n kuif. Die bokkie het 'n eienaardige lang neus; die bolip steek oor die onderlip.

Ram Die ramme weeg gewoonlik 5,5 kg en het horings van 8 cm lank. Die rekord is 10,48 cm.

Ooi Die ooie het nie horings nie en weeg sowat 4,3 kg. Een lammetjie word tussen Desember en April na 'n dratyd van 6 maande gebore.

Ander feite Hulle natuurlike vyande is luiperds, leeus en rooikatte. Hulle kom voor in tipiese ruie bosveldgebiede met baie struike en min gras. Hulle is onafhanklik van water en kry hul vog uit plante. Die bokkies loop gewoonlik alleen.

Sien ook Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes

Bron Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Wildsbokke