Sint Augustinus van Hippo (354-430) was 'n Christelike leier, filosoof en skrywer uit Noord-Afrika. Sy outobiografiese boek, Die belydenisse van st. Augustinus, en 'n latere werk, Die stad van God, het 'n belangrike invloed op die verdieping van die Christelike geloof gehad.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Sy standpunte: Die mensdom is aan Adam verbind – dus erfsonde. God se genade is soewerein – dus uitverkiesing. Die mens is in homself verlore en dood – tensy God hom red. Saligheid alleen deur Jesus Christus.

Hy het Pelagius direk teengestaan.

Voor sy bekering tot die Christendom was Augustinus van Hippo 'n aanhanger van Manigeïsme.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Filosowe Kategorie:Geboortes in 354 Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Manicheïsme Kategorie:Mense in die 4de eeu Kategorie:Mense in die 5de eeu Kategorie:Rooms-Katolieke Kerk Kategorie:Sterftes in 430