Joachim (Russies: Иоаким, Ioakim; 1620 – 17 Maart 1690) was die negende Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland. Hy was ’n teenstander van die skeuring in die Russies-Ortodokse Kerk en ’n stigter van die Slawies-Grieks-Latynse Akademie.

Hy is gebore as Iwan Petrowitsj Sawelof (Иван Петрович Савелов) en was van adellike afkoms. Nadat sy gesin in 1654 in ’n epidemie dood is, het hy ’n monnik geword.

In 1664 het Joachim die ab van die Tsjoedof-klooster in die Moskouse Kremlin geword en in 1672 aartsbiskop van Weliki Nowgorod.Pawel Tichomirof, Kafedra Nowgorodskich Swjatitelei (Nowgorod, 1895), vol. 2. Hy is op 26 Julie 1674 tot patriarg verkies ná die dood van patriarg Pitirim. Hoewel Joachim deelgeneem het aan die afsetting van patriarg Nikon, het hy Nikon se beleidsrigtings jeens die Ougelowiges voortgesit.

Verwysings

Eksterne skakels Die Testament van patriarg Joachim Патриарх Московский и всея Руси Иоаким (Савелов)

Kategorie:Russies-Ortodokse patriarge} Kategorie:Geboortes in 1621 Kategorie:Sterftes in 1690