Nic de Jager is 'n Suid-Afrikaanse omroeper en akteur.
Hy is gebore in Somerset-Wes in die Kaapprovinsie, op 28 Oktober 1940, het grootgeword in Stellenbosch en gestudeer aan die Universiteit van Pretoria. Hy het van 1966 tot 1974 as omroeper en regisseur vir die Afrikaanse Diens van die SAUK gewerk voordat hy 'n vryskutvervaardiger, regisseur en akteur geword het.ESAT, Nic de Jager https://esat.sun.ac.za/index.php/Nic_de_Jager besoek op 17 Junie 2025.
Hy verwerf bekendheid in 1981 vir die rol van Jack Hind in die komedie The Gods Must Be Crazy. Hy is ook bekend vir sy optrede in Suid-Afrika se eerste TV-drama, Dubbele Alibi, wat op die eerste aand van TV-uitsendings in Suid-Afrika op 5 Januarie 1976 gebeeldsend is. Hy speel ook in die eerste Afrikaanse TV-reeks, Dokter Dokter. Hy was in Paul Roos Gimnasium op skool.
Filmografie
Rolprente Petticoat Safari 1968 Die Geheim van Nantes as Pierre du Mont, 1969 Geluksdal, 1974 Die Square, 1975 Olie Kolonie, 1975 The Gods Must Be Crazy as Jack Hind, 1980
TV-optredes: Dubbele Alibi, die heel eerste Afrikaanse TV-drama, 1976 Nuusleser, 1976 - 1987 Arsenaal as Eittel Niemoller, 2002 Dokter Dokter, die heel eerste Afrikaanse TV-reeks. Egoli: Plek van Goud Geraldina die Tweede: Claudius Vallei van Sluiers: Con Uit die Wakis, aanbieder
Regie: Luglokval, 1979 Die Vlakte duskant Hebron 1945
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Lewende mense