duimnael|'n Pamflet wat ter geleentheid van die honderdste jaardag van Martin Luther se hervorming versprei is
Hervormingsdag (Duits: Reformationstag) is 'n kerklike feesdag wat deur Evangelies-Lutherse Christene in Duitsland op 31 Oktober ter herdenking van die kerkhervorming deur Martin Luther gevier word. Evangelische Kirche in Deutschland: Reformationstag. Besoek op 31 Oktober 2019 Op 31 Oktober 1517 het Luther sy geloofsbelydenis in 95 stellings aan die deur van die slotkerk te Wittenberg vasgespyker.
duimnael|links|upright|Portret van Martin Luther deur Lucas Cranach die Ouere, 1528 In Switserland word die eerste Sondag in November as Hervormingsdag gevier. Ondanks dié land se gereformeerde belydenis het ook die Switserse Hervormingsdag die hervorming in Wittenberg as godsdienstig-geskiedkundige agtergrond.
Openbare vakansiedag duimnael|Deelstate in Duitsland met Hervormingsdag as openbare vakansiedag Hervormingsdag is 'n openbare vakansiedag in die Duitse deelstate Brandenburg, Bremen, Hamburg, Mecklenburg-Voorpommere, Nedersakse, Sakse, Sakse-Anhalt, Sleeswyk-Holstein en Thüringen. In Baden-Württemberg is dit 'n skoolvakansiedag. In ander deelstate met Evangelies-Lutherse bevolkings geniet Hervormingsdag 'n besondere wetlike status as "stille herdenkingsdag". Ter geleentheid van die Protestantse Hervorming se 500ste herdenking op 31 Oktober 2017 was die Hervormingsdag in die hele Duitsland 'n openbare vakansiedag.
Buite Duitsland word Hervormingsdag in Slowenië en Chili as openbare vakansiedag gevier. Vir gereformeerde kerke in Switserland is die eerste Sondag in November (dus die eerste Sondag ná 31 Oktober) 'n godsdienstige feesdag. In Oostenryk, 'n land met 'n oorwegend Rooms-Katolieke bevolking, word Hervormingsdag nie amptelik gevier nie. Nogtans is dit 'n skoolvakansiedag vir Lutherse leerders, en ook Lutherse werknemers mag aan kerkdienste deelneem.
Verwysings
Verdere leesstof Barry Stephenson: Performing the Reformation. Public Ritual in the City of Luther. Oxford University Press, 2010, . Rainer Marquard: Reformationstag – evangelisch und ökumenisch. Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen 1997, .
Eksterne skakels
Kategorie:Christelike feeste en herdenkings Kategorie:Christendom in Duitsland Kategorie:Lutheranisme