Teisesville is 'n nedersetting in die westelike Vrystaat, Suid-Afrika en is een van die dorp Luckhoff se "townships". Tydens die apartheidera was Teisesville waar Luckhoff se Kleurlinge gewoon het. Swartmense het in Relebohile gewoon. Volgens die 2001-sensus het Teisesville 'n bevolking van 1 743 gehad, van wie 1 368 (78,5%) Kleurlinge was.2001-sensus (Teisesville)
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat