Manie van Rensburg (1945–1993) was 'n rolprentregisseur en draaiboekskrywer.
Lewensloop Hermanus Philippus Janse (Manie) van Rensburg is op 24 Oktober 1945 in Krugersdorp, Suid-Afrika gebore. Sy ouers was Charl Francois J v R en Hermanni Philippa van Aswegen.
Hy koop sy eerste rolprentkamera op die ouderdom van 14 met inkomste wat hy as kerkorrelis verdien het.
Ná skool gradueer van die Potchefstroomse Universiteit met die hoofvakke Engels en Sielkunde.
Hy was twee keer getroud, eers met Anita Maria Erasmus en daarna met Grethe Fox.
Van Rensburg was een van die groep Afrikaners wat op 8 Julie 1987 'n vergadering met die ANC in Dakar saam met Frederik van Zyl Slabbert bygewoon het.
Hy het in Desember 1993 op 48-jarige ouderdom in Johannesburg selfmoord gepleeg deur homself met 'n 357-Magnum rewolwer te skiet.
Filmografie As regisseur: Anna, 1996 Taxi to Soweto, 1993 The Fourth Reich, 1990 The Native Who Caused All the Trouble, 1989 Heroes (TV-reeks), 1985 The Mantis Project (TV-reeks), 1985 The Gordimer Stories (segment "Country Lovers") Verspeelde lente, 1983 Die Square, 1975 Geluksdal, 1974 Die Bankrower, 1973
As skrywer: Anna, 1996 Taxi to Soweto, 1993
Verdere naleeswerk Martin Botha & Hubert Dethier. Kronieken van Zuid-Afrika : de films van Manie van Rensburg. Brussel : VUBPress, c1997.
Eksterne skakels Van Rensburg se IMDB-profiel Biografie
Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1945 Kategorie:Sterftes in 1993