duimnael|regs|Candice Swanepoel
Candice Susan Swanepoel (* 20 Oktober 1988) is ’n Suid-Afrikaanse mannekyn wat bekend is vir haar modelwerk vir Victoria's Secret.
Lewe en modelloopbaan Candice Swanepoel is in Mooirivier, KwaZulu-Natal, gebore en is op 15 jarige ouderdom op ’n Durbanse vlooimark as potensiële model raakgesien.Op 16-jarige ouderdom is Candice €5 000 (ZAR40 000) vir ’n dag se werk betaal. Swanepoel het onder andere vir die voorblaaie van Vogue (Griekeland & Italië), ELLE (Duitsland), en Ocean Drive (Verenigde State) en reklame van Nike, Diesel, Guess? en Versus Eyewear geposeer. Swanepoel het ook die loopplank betree vir Tommy Hilfiger, Dolce & Gabbana, Shiatzy Chen, Sass & Bide, Betsey Johnson, Diane von Fürstenberg en vele ander ontwerpers,sowel as vir Victoria's Secret in 2007 tot 2010. Behalwe haar modelwerk by onderkleremaatskappye se kommersiële advertensies, het sy ook gepryk in die 2010 -"SWIM" modelkatalogus, saam met Lindsay Ellingson, Rosie Huntington-Whiteley en Erin Heatherton. In 2010 het Swanepoel ’n Victoria's Secret Angel geword. Swanepoel het ook Kardashian se 2010-reeks swemdrag gemodelleer. Op 12 Augustus 2010 het Swanepoel amptelik die eerste Victoria's Secret-winkel in West Edmonton Mall, Edmonton, Kanada, geopen. Candice Swanepoel is as nommer 61 in die FHM-tydskrif se “100 Sexiest Women in the World” aangewys en het ook op die voorblad van Vogue Italia gepryk.
Swanepoel het ook op No. 10 in Forbes se “The World's Top-Earning Models”-lys geëindig; sy het tussen 2010 en 2011 ’n geraamde $3 miljoen verdien.
Buite die kollig Swanepoel praat vlot Afrikaans en Portugeesen gaan met die model Hermann Nicoli uit sedert sy 17 jaar oud is. Hulle is tans verloof.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle Kategorie:Lewende mense