Dahme-Spreewald Wapen Ligging in Duitsland 100px 100px Basiese gegewens Deelstaat: Brandenburg Administratiewe setel: Lübben (Spreewald) Oppervlakte: 2 261,09 vk km Bevolking: 169 067Statistik Berlin-Brandenburg: Bevölkerung im Land Brandenburg nach amtsfreien Gemeinden, Ämtern und Gemeinden 31. Dezember 2018. Besoek op 17 September 2019 (31 Desember 2018) Bevolkingsdigtheid: 74 inwoners per vk km Kenteken: LDS Administratiewe verdeling: 37 munisipaliteite Landrat: Stephan Loge (SPD) Amptelike webwerf: dahme-spreewald.de Ligging in Brandenburg 250px|center duimnael|links|Landskapstoneel net buite die administratiewe setel Lübben duimnael|links|Die bouterrein van Berlyn-Brandenburg se nuwe lughawe in Mei 2018. Die projek is gekniehalter deur talle probleme wat die opening met jare vertraag het duimnael|links|Die Lieberoser Wüste, 'n barre woestynagtige landskap en voormalige militêre oefenterrein van Sowjetmagte, is een van die mees ongewone landskappe in die hele deelstaat Brandenburg. Na die gebied met 'n oppervlak van 550 km2 word dikwels verwys as die grootste woestyn in Duitsland, alhoewel dit streng gesproke net 'n sanderige terrein is wat plantegroei benadeelBerliner Zeitung, 4 Julie 2017: Lieberoser Heide - Ein wüstenähnliches Ödland mitten in Brandenburg. Besoek op 25 November 2018 duimnael|links|Boottoerisme in die Biosfeerreservaat Spreewald (die foto is in die aangrensende distrik Spree-Neiße geneem) Dahme-Spreewald (amptelik: Landkreis Dahme-Spreewald, Neder-Sorbies Wokrejs Dubja-Błota) is 'n administratiewe distrik in die suidooste van die Duitse deelstaat Brandenburg. Die distrik strek van die suidoostelike stadsgrens van Berlyn tot in die Spreewald en die uitlopers van die Lae Fläming (Niederer Fläming).

Die distrik Dahme-Spreewald is ingevolge administratiewe hervormings amptelik op 6 Desember 1993 gevorm met die samesmelting van drie kleiner vroeëre distrikte (Königs Wusterhausen, Luckau en Lübben), drie stede (Lieberose, Märkisch Buchholz en Golßen) en tien nedersettings (Blasdorf, Doberburg, Jamlitz, Leeskow, Plattkow, Speichrow, Telz, Trebitz, Ullersdorf en Wernsdorf).

Die voormalige lughawe Berlyn-Schönefeld (tans die snelste groeiende in Duitsland met 12,7 miljoen passasiers in 2018www.aerobuzz.de, 15 Januarie 2019: Berliner Airports schafften 2018 neuen Passagierrekord. Besoek op 17 September 2019) is hier buite die nedersetting Schönefeld geleë, net soos die nuwe lughawe Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe wat op 31 Oktober 2020 geopen is. Die suide van Dahme-Spreewald het 'n sterk agrariese karakter as een van die belangrikste produsente van groente in Duitsland wat onder die internasionaal beskermde handelsmerk Spreewald bemark word, terwyl ook toerisme 'n belangrike bron van inkomste geword het, onder meer danksy die groeiende gewildheid van plaasvakansies.

Ekonomie Die belangrikste ekonomiese sektore is lug- en ruimtevaart, logistiek, biotegnologie, metaalverwerking, toerisme en voedselvervaardiging. Die distrik se sowat 14 000 klein en middelgroot ondernemings het in 2017 werk aan 60 900 mense verskaf.

Verwysings

Kategorie:Distrikte van Brandenburg