Douglas John Hopwood (1934 - ) was 'n Springbokrugbyspeler.
Rugby loopbaan Doug het reeds vir die Westelike Provinsie gespeel in 1957 as flank. Hy was ook deel van die Junior Springbok toer na Argentinië in 1959. Hy speel in sy eerste toets in 1960 teen Skotland en die laaste twee toetse teen die All Blacks. Hy is ook deel van die 1960/61 toer na die Britse Eilande. Hy speel ook teen die 1962 Britse Leeus, 1963 Wallabies en Wallis 1964. Hy was ook deel van die rampspoedige 1965 toer na Ierland en Skotland en sluit sy loopbaan af op die toer na Australasië.
Bron 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995.
Eksterne skakels
Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2002