Zita Pretorius (gebore 7 Mei 1992) is 'n Afrikaanse sangeres.
Pretorius is in 2010, op die ouderdom van 18, aangewys as die algehele wenner van die Opera-afdeling, asook die algehele kampioen by die World Championships of Performing Arts in Los Angeles, waaraan twee-en-vyftig lande deelgeneem het. Daarna het sy saam met Rudi Claase onder die verhoognaam Rudi en Zita begin opgetree. Hulle album Die Engele Sing is in 2011 uitgereik en het 26 000 eenhede verkoop. In Desember 2011 het die paartjie aangekondig dat hulle paaie skei om op hulle sololoopbane te fokus.
Zita is in 2012 deur Universal Music geteken. Haar soloalbum Skakerings van Dagbreek is in September 2012 uitgereik. Sy is benoem vir 'n Ghoema- en Tempo-toekenning (Nuweling van die Jaar). Later in 2012 is 'n projek aangepak deur Universal Musiek vir 'n CD met Corlea Botha, Zita en Marzanne de Beer. Die projek heet De La Creme en die CD se naam is Dolce Vita.
In Oktober 2014 is die duetalbum Burgerd + Zita uitgereik saam met Burgerd Botha (voormalige lid van die groep Romanz. Die album is vir 'n Tempo-toekenning benoem.
Diskografie 2011: Ons Lieflinge / Our Darlings - Die Engele Sing 2012: De La Creme - Dolce Vita 2012: Skakerings van Dagbreek 2014: Burgerd + Zita
Filmografie Verhoog L’elisir D’amore (Joburg Theatre) (2016)
Cula Msanzi (State Theatre Pretoria) 2016
Cradle Under the Shade (2017)
Don Pasquale (2017) (Norina)
La Bohème (Joburg Theatre) (Playhouse Theate Durban) (2017) (Muzetta - US)
Houtkruis die Musical (2017) Leading role as Katerina
Televisie Jukebox (2011) (2012) (2014 DKNT (2011) JAM (2014) Villa Rosa (2015) Kampos (2015)
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars
Verwysings Zita Pretorius die sangeres met die klassieke stem "Houtkruis" weer na dekade terug in Pta
Eksterne skakels
Musiekvideo's https://www.youtube.com/watch?v=C0XCZ1E5CNE (Jy tel my op) https://www.youtube.com/watch?v=KiXNzClAlME (Die Engele Sing) https://www.youtube.com/watch?v=n7JtyTuod4Y (Soet en Suur)
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1992