Dulcie Van den Bergh (Magdeld Magdalena Smit) (23 Augustus 1928 – 8 November 1997) was 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar TV-rolle as Stienie in Agter Elke Man en die ouma in Orkney Snork Nie. Sy het ook in verskeie rolprente gespeel en was veral 'n bekende stem op Afrikaanse Radio. Sy was getroud met die akteur, Gert van den Bergh, tot sy dood in 1968. Sy sterf op 8 November 1997 in die ouderdom van 69 jaar aan kolon- en lewerkanker.Dulcie van den Bergh môre veras, Die Burger, 11 November 1997SA se ta' Stienie `sal gemis word', Die Burger, 10 November 1997 Haar ouers was Stephanus Johannes (gebore 1 Mei 1894) en Anna Elizabeth (Née Venter) (25 Augustus 1889 – 8 Oktober 1967).
Dulcie en Gert het vier kinders. Hul seun, Regardt van den Bergh is 'n bekende akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer. Die ander is Linda van den Bergh, skrywer, Dirk van den Bergh (oorlede), en Liesl van den Bergh.
Filmografie Orkney Snork Nie (Nog 'n moewie) as Ouma Gouws, 1993 Orkney snork nie! (die moewie) (dis lekker by die see), as Ouma Gouws, 1992 Agter Elke Man, 1990 as Stienie Steyn (TV-reeks) Orkney Snork Nie, 1989 as Ouma Gouws (TV-reeks) Circles in a Forest, 1989 as Sanna Tawwe Tienies, 1984 as Nellie Burger Geel Trui vir 'n Wenner, 1983 as mev. Duvenhage Pretoria O Pretoria!, 1979 Plekkie in die son, 1979 as mev. Viljoen se buurvrou Ongewenste Vreemdeling, 1974 as Ralie Geluksdal, 1974 as mev. Baker Die Voortrekkers, 1973 Jannie Totsiens, 1970 Farewell Johnny, 1970 as Linda se ma Strangers at Sunrise, 1969 Katrina, as gas by verlowingspartytjie (nie gekrediteer nie), 1969 Die Tweede Slaapkamer, as mev. Papenfus, 1962
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 1997 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu