Hoeko is 'n baie klein nedersetting net noord van Ladismith in die Wes-Kaap, Suid-Afrika aan die voet van die Swartberg. In die vrugbare vallei word sagtevrugte, veral appelkose gekweek. Die nedersetting is bekend daarvoor dat C.J. Langenhoven hier gebore is.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap