Strandfontein is 'n vissersdorpie en vakansieoord aan die Atlantiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is noord van Doringbaai en is die noordelikste dorp van die tradisionele Weskus. Die Sishen-Saldanha Spoorlyn draai hier ooswaarts, die binneland in deur die Sandveld. Die R362-streeksroete verbind die dorp met die N7-nasionale pad by Klawer en ook met Doringbaai.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap