Klein-Brakrivier is die naam van 'n rivier en 'n vakansieoord langs dieselfde rivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Rivier Die rivier is deel van Suid-Afrika se kode K-dreineerstelsel. Dit word onder andere deur die Moordkuilrivier gevoed. Dit mond uiteindelik in die Indiese Oseaan uit langs die gelyknamige vakansieoord. Die Knysnaseeperdjie kom voor in die riviermonding.

Vakansieoord Die oord is 15 km oos van Mosselbaai langs die N2 nasionale pad geleë. Die gelyknamige rivier mond hier in die Indiese Oseaan uit.

Sien ook Groot-Brakrivier Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap Kategorie:Riviere in Wes-Kaap Kategorie:Vakansieoorde