Die Natalse rotskrap (Grapsus grapsus tenuicrustatus) is 'n krap wat aan die ooskus en verder noord aan die kuslyn van Suid-Afrika voorkom. Dit het 'n swart tot donkergroen liggaam met rooibruin en geel pote. Die knypers is donkerrooi. Die karapaks het fyn, dwars groefies. Die mannetjies ontwikkel helder kleure gedurende die paarseisoen. Die krap bly in die rotsagtige tussengetysone en word 5 cm breed.

Bron Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007.

Kategorie:Krappe